Vermiste vrou van Rehoboth gevind

Die vermiste vrou van Rehoboth is opgespoor. Die vrou en haar baba was sedert Maandag vermis.Die een-jarige babameisie se liggaam is by Bethanie in die Karas-streek gevind. Volgens Namibian Marshal Ranger Sean Naude het die ma glo ‘n mislukte poging aangewend om haar eie lewe te neem en ‘n soektog is van stapel gestuur om haar te vind. Naude sê aan Kosmos 94.1 Nuus die vrou sal in ‘n hospitaal opgeneem word.