Skattejag op Nederlandse dorpie

Inwoners van die Nederlandse dorpie Ommeren is erg omgekrap oor die skielike toestroming van skattejagters wat op soek is na miljoene dollar se skatte wat na bewering deur Nazi-soldate daar begrawe is gedurende die Tweede Wêreld-oorlog. Die skielike belangstelling in Ommeren in die oostelike provinsie Gelderland, is aangewakker deur ‘n ou kaart, wat glo aandui waar Duitse soldate ammunisiehouers sou begrawe het. Dié houers is glo volgeprop met diamante, robyne, goud en silwer wat gestroop is. Die kaart is met ‘n rooi X gemerk wat die plek aandui waar die skatte glo begrawe is. Die Nasionale Argiewe in Nederland het verlede week die inligting bekendgemaak na afloop van ‘n vertroulikheidsperiode van 75 jaar.