Spaanse tabakmaatskappye moet opdok vir stompies

Spanje het beslis tabakmaatskappye moet betaal om sigaretstompies te verwyder. Sigaret-vervaardigers is ook verplig om verbruikers daaraan te herinner om nie stompies in openbare gebiede weg te gooi nie. Miljoene sigaretstompies word jaarliks deur rokers  in strate en strande in Spanje weggegooi. Die nuwe omgewingsregulasies verbied ook  eetgerei en strooitjies van plastiek wat net een keer gebruik kan word. Die maatreël tree vandag in werking.