Stad Kaapstad sal nie misdadige gedrag tydens staking duld  

Die Stad Kaapstad sê hy sal nie Woensdag misdadige gedrag tydens Santaco se beplande provinsiale staking duld nie. Die stad sê hierdie verset-optrede word dikwels gekenmerk deur geweld, vernietiging van openbare eiendom, aanvalle op ander openbare vervoerdienste en intimidasie. Die stad se burgemeesters-komiteelid vir stedelike beweeglikheid, Rob Quintas, sê al die nodige voorsorgmaatreëls sal getref word om die veiligheid van pendelaars en ander operateurs, insluitend die MyCiTi-busdiens, te verseker.