Gholf: JJ Senekal wen sy derde Sonskyntoer-titel

Gholf: Die Suid-Afrikaner JJ Senekal het ‘n laaste ronde van sewe onder 65 behaal om die SDC Ope met vier houe te buit by die Zebula-buiteklub in Bela Bela, Limpopo. Dit is sy derde Sonskyntoer-titel. Casey Jarvis was tweede op 21 onder baansyfer met 67, en Pieter Moolman en Jaco Prinsloo gesamentlik derde. Senekal sê dis wonderlik om weer op die wenpad te wees.