Namibiese akkomodasiebesetting is 37% in Januarie  

Die Gasvryheidsvereniging van Namibië het die toerisme-akkommodasieverslag van Januarie bekendgestel, wat ‘n algehele besetting van meer as 37 persent weerspieël, wat byna dubbel die besetting van Januarie 2022 was, ‘n tydperk wat steeds gebukkend gegaan het onder die gevolge van die Omikron-variant. Die uitvoerende hoof van die vereniging Gitta Paetzold sê hulle is aangenaam verras deur die feit dat die binnelandse reismark vir Januarie ‘n groei van sowat 5 persent getoon het vergeleke met 2019. Paetzold sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is ‘n bewys dat Namibiërs ‘n bestendige reiskultuur gevestig het wat bereid is om hul eie land te verken en te geniet.