Stad Kaapstad gereed om dienste in winter te verbeter
Stad Kaapstad sê bykomende befondsing is voor die reënseisoen beskikbaar gestel om die Stedelike Afvalbestuurs-direktoraat se skoonmaakdienste te verbeter. Die burgemeesterskomiteelid vir stedelike afvalbestuur, Grant Twigg, sê hulle het ‘n skoonmaakprogram ontwikkel wat spesifiek gemik is op vloedvoorkoming tydens die komende nat weerstoestande.