Springbokke gaan ook Munster takel 

Rugby: Nog ‘n weekwedstryd is by die Springbokke se rooster gevoeg vir die jaareindtoer in die Noordelike Halfrond. Daar is aangekondig ‘n Suid-Afrikaanse Vyftiental gaan teen Munster te staan kom. Die Bokke gaan vier toetse speel: Op 5 November in Dublin teen Ierland, ‘n week later in Marseille teen Frankryk, gevolg deur Italië in Genua en Engeland in Londen op 26 November. Die Suid-Afrikaanse Vyftiental sal na die kragmeting met die Ierse reuse teen Bristol Bears te staan kom in nog ‘n belangrike weekwedstryd