Namibië bied 10de Klimaatskonferensie in Afrika aan

Namibië gaan vanaf 24 tot 28 Oktober die 10de Konferensie oor Klimaatsverandering en Ontwikkeling in Afrika in Windhoek aanbied. Dit word deur die Afrika Klimaatsbeleidsentrum georganiseer en die tema is “Just Transition in Africa: Transforming Dialogue into Action”. Die konferensie gaan poog om ‘n algemene posisie oor Afrika se standpunt vir regverdige en gelyke oorgang in Afrika te bereik voor COP27 in November in Sharm El Sheik in Egipte gaan plaasvind. Namibië is een van die mees weerlose lande in die wêreld vir die impakte van klimaatsverandering.