Stad Johannesburg tree op teen wanbetalers, word R52 miljard geskuld

Die Stad Johannesburg sê hy gaan streng optree teen wanbetalers wat nooit hulle verantwoordelikhede nakom om te betaal wat hulle verskuldig is nie. Die stad het die watertoevoer en elektrisiteitsverbindings na groot gebruikers soos landgoedere, hospitale en ʼn universiteit afgesny wat saam meer as ʼn miljard Suid-Afrikaanse rand aan munisipale dienste skuld. Die stad se woordvoerder, Nkosana Lekotjolo, sê die metro het ʼn skuldlas van meer as 52 miljard rand: