Geen parool vir Thomas Florin nie

Regter Boas Usiku het Thomas Florin, die man wat in 1998 sy vrou Monica, in Swakopmund vermoor, haar liggaam opgesny en gekook het, se parool-aansoek van die hand gewys. Florin het in sy aansoek aangevoer dat omdat hy onderhewig is aan twee verskillende wette, een wat geldig was toe hy Monica vermoor het, en die ander toe hy gevonnis is, moet die datum van die oortreding gebruik word wat hom sou toelaat om parool te kry. Florin was op 3 Desember verlede jaar reeds 24 jaar agter tralies.