Iran sê Israel het misluk

Iran sê daar was nog geen missielaanval op die land nie. Dit volg op berigte dat Israel vanoggend ‘n beperkte militêre aanval op Iran se sentrale Isfahan-provinsie uitgevoer het. Terreine wat verband hou met Iran se kernwapenprogram is hier geleë. Die woordvoerder van Iran se kuberruimte-sentrum, Hossein Dalirian, sê Israel het slegs ‘n mislukte en vernederende aanvalspoging met ‘n paar hommeltuie aangewend, wat suksesvol afgeskiet is.