Stad Johannesburg lê klag van omkopery teen ANC

Die Stad Johannesburg gaan vandag by die polisiekantoor in Hillbrow strafregtelike klagte van omkopery en korrupsie teen die ANC en sy vennote in die stadsraad indien. Dit volg nadat die partye in die veelpartykoalisie in Johannesburg met ‘n ondersoekproses ‘n sameswering blootgelê het. Die woordvoerder van die koalisie, Corné Mulder, sê daar is gepoog om mag in die stad terug te koop met finansiële lokmiddels: