Man-U vertrap Arsenal

Manchester United het Arsenal se uitstekende begin in die nuwe Premierliga-seisoen beëindig, met ‘n oorwinning van drie-een op Old Trafford. United se nuwe Brasiliaanse speler van 1,6-miljard Namibiese dollar, Antony het in sy debuutwedstryd ʼn doel aangeteken en Marcus Rashford het twee doele behaal om die Rooi Duiwels tot vyfde op die punteleer te laat klim. Bukayo Saka het Arsenal se enigste doel aangeteken. Arsenal is steeds bo-aan die punteleer, net een punt voor Manchester City en Tottenham. United se bestuurder, Erik ten Hag, sê hy is tevrede met sy span se verbeterde gees en benadering: