Brandstofprys daal vir September

Die Namibiese ministerie van myne en energie het die Namibiese brandstofprys afwaarts aangepas met 1 Namibiese dollar en 20 sent per liter. Diesel kos 65 sent minder. Dus is die pompprys op Walvisbaai 21 dollar en 8 sent vir petrol en 22 dollar 12 sent vir diesel. Die winsmarge vir handelaars is ook met ‘n verdere 20 sent opgestoot. Die minister, Tom Alweendo sê die mark stabiliseer effe.