Ontslape Myeni land vandag

Die liggaam van die KwaZulu-Natals-gebore Lindani Myeni sal na verwagting vandag op die OR Tambo-lughawe in Gauteng land na ‘n repatriasievlug uit Hawaii. Die voormalige rugbyspeler is vroeër vandeesmaand deur die polisie in Honolulu doodgeskiet. Die Premier van KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala, het gister die Hawaise polisie daarvan beskuldig dat hulle nie swart lewens respekteer nie en het die Amerikaanse President Joe Biden gevra om in te gryp. Die provinsiale regering het vroeër besluit om hulp te verleen met die repatriasie en die begrafnisreëlings. Myeni se weduwee, Lindsay, het vroeër die week in Suid-Afrika aangekom.