Handgeskrewe aankoopbewyse gestaak

Die Namibiese ministerie van finansies herinner die publiek daaraan dat alle handgeskrewe aankoopbewyse gestaak is. Alle regeringsverskaffers van goedere en dienste word in kennis gestel dat handgeskrewe bestellings aan verskaffers reeds vanaf Julie 2020 gestaak is, sê die skakelbeampte van die ministerie van finansies, Tonateni Shidhudhu. Hy verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.