Dis Sunak teen Mordaunt, Starmer eis verkiesing

Die voormalige Britse finansminister Rishi Sunak het Sondag amptelik sy kandidaatskap vir die leier van die Konserwatiewe Party aangekondig. Hy het ‘n verklaring uitgereik waar hy sê die land staar ‘n diepgaande ekonomiese krisis in die gesig en die leierskap moet nou besluit of die volgende generasie meer geleenthede sal hê as die huidige generasie, of nie. Sunak is op rekord dat hy die voormalige premier, Liz Truss gewaarsku het oor haar ekonomiese omkeerplan. Hy is ook, volgens berigte, die gewildste kandidaat onder sakelui. Intussen het Boris Johnson, wat Saterdag met Sunak vergader het, gesê terwyl hy baie ondersteuning het, sal hy nie aan die wedloop deelneem nie. Die leier van die Arbeiderparty, Sir Keir Starmer eis steeds ‘n algemene verkiesing.