Cassinga: Die ware slagoffers was die kinders

Cassinga-dag is ‘n openbare vakansiedag in Namibië wat die slag van Cassinga jaarliks op 4 Mei herdenk. Namibiërs onthou die ongeveer 600 mense wat in 1978 dood is toe die Suid-Afrikaanse Weermag ‘n Swapo-basis by Cassinga in die suide van Angola aangeval het. Daar is teenstrydige berigte oor presies wat daar gebeur het maar, die voormalige Namibiese ombudsman advokaat John Walters sê dit was die kinders wat uiteindelik daaronder gely het.