Staatskaping: Alle bates sal teruggevind word

‘n Woordvoerder van die Spesiale Ondersoekeenheid in Suid-Afrika, Kaizer Kanyago, sê hulle sal seker maak mense wat in die staatskapingverslag betrek word, kom nie weg met korrupsie nie. Die vierde deel van die verslag noem talle hooggeplaaste figure, onder wie Jacob Zuma, Lynne Brown en Dudu Myeni. Hoofregter Raymond Zondo het bevind die voormalige president se direkte betrokkenheid by Eskom se sake was deel van ‘n fyn plan om die staat se kragvoorsiener te kaap. Kanyago sê hulle sal verseker alle bates word herwin.