Kunene-rivier vertoon swak die jaar by Ruacana

In sy laaste vloedbulletin vir die reënseisoen sê die Namibiese hidrologiese diens dat vlakke van die Zambezi-rivier by Katima Mulilo steeds styg en is tans op 5,77 meter. Die oostelike vloedvlaktes van die Zambezi-rivier vul steeds op en daar is sterk terugvloei na die Ngoma-brug en die Liambezi-meer. By Rundu daal vlakke van die Okavango-rivier en is tans op ongeveer 5,5 meter. Die vlakke van die Cuvelai Iishanas neem ook af. Die Kunene-rivier by Ruacana het die seisoen swak vertoon en is tans op net minder as 274 kubieke meter per sekonde. In die 2017-2018 reënseisoen het hy teen 1 700 kubieke meter per sekonde gevloei en in 2019-2020, teen 2 000 kubieke meter per sekonde. Vloei van ongeveer 500 kubieke meter per sekonde is nodig vir al vier turbines by Ruacana om aan te skakel.