Nieu-Mexiko se brande woed voort

Duisende brandbestryders veg teen verwoestende veldbrande in die suid-weste van Amerika. Nog inwoners in die noorde van Nieu-Mexiko maak gereed om te ontruim. Sterk winde en gevaarlike droë toestande maak dit moeilik om die vlamme te beheer. Die grootste brand het noord-oos van Santa Fe oor meer as 300-vierkante-kilometer versprei. Ten minste 166 huise is in die landelike gebied van San Miguel in Nieu-Mexiko vernietig.