Staatsbegrafnisse: begroting uitgeput

Plaaslike media berig dat die regering se begroting vir staatsbegrafinisse uitgeput is. President Hage Geingob sê meer as 4 miljoen Namibiese dollar is reeds op die begrafnisse bestee. Die regering het reeds talle staatssbegrafnisse gehou en oor die naweek is nog een, die van die Ovambanderu hoof, Kilus Nguvauva wat in Okahandja begrawe word. Talle tradisionele leiers, afgetrede Swapo-veterane en ander leiers is onlangs as gevolg van Covid oorlede. Die regering word ook gekritiseer in die verband omdat maatreëls, veral in verband met net tien persone wat begrafnisse mag bywoon, nie nagekom word nie. Ekonome het ook vroeër gemaan dat staatsbegrafnisse nie die regering bankrot moet maak nie.