Voedselvoorsiening kry aandag in buurland

Die Suid-Afrikaanse Presidensie sê gerugte dat Suid-Afrika se kosvoorraad binne 24 uur uitgeput sal wees, is vals. Die land ondervind ernstige tekorte na dae van gewelddadige onrus in KwaZulu-Natal en Gauteng. Volgens die Verbruikersraad van Suid-Afrika het handelaars na raming reeds sowat 5 miljard Namibiese dollar as gevolg van die plundery verloor. Die waarnemende minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die regering doen alles in sy vermoë om te sorg dat die kosvoorraad nie uitgeput raak nie: