Kos, vervoer dra meeste by tot hoë inflasie

Inflasie syfers vir Junie is 4,1 persent, die hoogste syfer in amper ‘n jaar. Ontleders meen vervoer en voedsel het die meeste tot die syfer bygedra. Vervoerkostes het met 2,5 persent op ‘n maandgrondslag, en 9,6 persent op ‘n jaargrondslag gestyg. Voedselpryse het met 0,3 persent teenoor verlede maand gestyg maar kos is tans 7,3 persent duurder as verlede jaar. Vette en olies is tans 16,7 persent duurder as verlede jaar met vleis op 16 persent en groente op 6,8 persent.