Staat sê Jason Rohde moet vonnis begin uitdien

Dit is in die belang van geregtigheid dat die 52-jarige Jason Rohde, moordenaar van sy vrou Susan, sy vonnis nou begin uitdien. Hy is aan ‘n baie ernstige misdaad skuldig bevind en ‘n bank van vyf regters in die appèlhof het regter Gayaat Salie-Hlople se beslissing bekragtig. Dit is volgens hofstukke wat by die hooggeregshof in Kaapstad ingediens is. Salie-Hlophe sal vandag Rohde se aansoek aanhoor dat sy haar van die saak moet onttrek, asook sy dringende aansoek om borgtog hangende sy aansoek in die konstitusionele hof.