Mariene-wetenskap eerste keer in Wes-Kaap as matriekvak geskryf

Mariene-wetenskap gaan vanjaar vir die eerste keer as ‘n matriekvak in die Wes-Kaap geskryf sal word. Die Wes-Kaap het 73 966 kandidate vir die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen geregistreer. Dit sluit 59 849 voltydse kandidate en 14 117 deeltydse kandidate in. Die LUR vir onderwys in die Wes-Kaap, Debbie Schäfer, sê wiskundige geletterdheid het die meeste kandidate, met 48 658 leerders wat vraestelle 1 en 2 sal skryf.