‘Jeug moet hulself in ekonomie as rolspelers vestig’

Die goewerneur van die Karas-streek Aletha Frederick sê Namibië se jeug het ‘n betekenisvolle rol om te speel om te verseker dat programme wat die jeug bemagtig, geïmplementeer word. Meer as ‘n derde van die land se bevolking word as jeug geklassifiseer. Volgens Frederick moet jongmense gebruik maak van die talle geleenthede wat hulle het en sodoende, hulself in die ekonomie vestig as rolspelers. Opleiding is volgens haar baie belangrik om volhoubaar werk te skep. In haar mening, is landbou ‘n kritiese element vir die ekonomie van die Karas-streek.