Staat het saak om te beantwoord

Die Staat het misluk in sy aansoek om ‘n 4-miljoen-doller eis ter syde te laat stel en die dagvaardiging sal voortgaan en saak aangehoor word. Dit was die bevinding van Regter Eileen Rakow in die Hoërhof vanoggend. Mwiza Nyambe en Ishmael Mafale eis die geld van die Namibiese Minister van Gesondheid nadat hulle kind gestremd gelaat is as gevolg van ‘n suurstof tekort tydens geboorte. Dit Staat het aangevoer dat die eis vaag was en dat daar nie genoeg besonderhede aangeheg is nie. Rakow het in haar beslissing gesê die regering het ‘n saak waarop hy moet antwoord. Nyambe het in haar stukke aangevoer haar baba het na geboorte ‘n suurstof tekort gehad en ‘n aanval gehad waarvoor hy nie behandel is nie. Nege maande later het ‘n skandering bevind hy is gestremd as gevolg van ‘n suurstof tekort tydens geboorte.