Balju vat Kandume se goedere

Die balju is tans op pad na die Total diensstasie in Khomasdal op belag te lê op goedere vir uitstaande skuld van 4 miljoen Namibiese doller. Die saak spruit uit ‘n aansoek vir ‘n verstek vonnis wat in April 2019 voor die hof gebring is deur MCC Nineteenth Metallurgical Corporation Namibia teen Uundenge Investments wat tans besit word deur Laban Kandume en Swapo Jeugliga Sekretaris-Generaal Ephraim Nekongo. Yanna Smith berig.