Nuwe grenspos verlig druk op Beitbrug

‘n Brug wat vandag by die Kazungula-grenspos in Zambië oopgestel word, behoort ‘n beduidende uitwerking op Suid-Afrika se grensposte te hê, veral om die opeenhoping van vragmotors by die Beitbrug-grenspos te bekamp. Die Botswana-regering sê in ‘n verklaring dit het vyf jaar geneem om die brug te bou. Vragmotors wat goedere vanaf Suid-Afrika na Lusaka vervoer, moet tans via Zimbabwe reis deur die druk verkeer wat dikwels by Beitbrug voorkom. Met die nuwe brug by Kazungula kan Suid-Afrikaners via Botswana reis en dus Beitbrug en Zimbabwe heeltemal vermy.