T20: Aussies het ‘n kans

Australië het Ierland met 42-lopies geklop om hulleself ʼn hupstoot te gee om in die halfeindstryde van die T20 Wêreldbeker te speel. Nadat hulle 179 vir 5 in Brisbane aangeteken het, met 63 van die kaptein, Aaron Finch, het Australië die Iere in die 19-de beurt vir 137 uitgeboul met twee paaltjies elk vir Adam Zampa, Glenn Maxwell, Pat Cummins en Mitchell Starc. Die tuisspan het nou twee oorwinnings en een nederlaag, en een wedstryd het uitgereën. Starc was verheug dat hulle veldtog weer op dreef is: