Sri Lanka-boere vies oor oud-president uit die land vlug

Sri Lanka se boere sê die land se landbousektor is ongelukkig omdat oud-president Gotabaya Rajapaksa uit die land gevlug het. Die boere sê Rajapaksa het die sektor in wanorde gelaat en die eiland verwag die rys-opbrengs sal in Augustus ‘n afname van 60 persent toon. Sri Lanka het ook sy laagste tee-uitvoere in 23 jaar aangeteken. Die boere sê die regering se verbod op chemiese kunsmis wat oornag ingestel is, het hulle landbou-uitset negatief geraak. Rajapaksa se regering het die verbod ingestel in ‘n poging om landbou in ‘n ten volle organiese bedryf te omskep.