All Black Scott Barrett loop dalk toets teen Iere mis

Rugby: Die All Black-voorspeler, Scott Barrett, gaan moontlik môre se beslissende toets teen Ierland in Wellington misloop nadat hy ‘n kniebesering opgedoen het. Hy is Donderdag as flank in die opdrafspan ingesluit, maar het blykbaar die besering vererger tydens ‘n oefening. New Zealandse media berig as Barrett nie fiks is nie, sal hy vervang word deur Akira Ioane, terwyl Tupo Vaa’i op die bank sal inkom. Nieu-Seeland het die eerste toets in Auckland 42-19 gewen en die besoekers het die reeks gelykop gemaak met ‘n oorwinning van 23-12 in die tweede toets in Dunedin.