Ramaphosa sê hy sal nie geboelie word oor Phala Phala

Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, sê hy sal nie geboelie of geïntimideer word deur die bewerings oor Phala Phala nie. Ramaphosa het beloof om saam met alle leiers te werk om korrupsie en begunstiging te beëindig. Hy het vandag op die SAKP se konferensie in Boksburg gepraat. Hy sê vanuit die era van staatskaping is geen persoon bo die wet verhewe nie, ongeag die posisie wat hulle beklee.