Sri Lakaanse kolwer van seksuele aanranding in Australië aangekla

Die Sri Lankaanse kolwer Danushka Gunathilaka word in Sydney, Australië aangekla van vier voorvalle van seksuele aanranding. Die 31-jarige speler is gister in die vroeë oggendure in hegtenis geneem, enkele ure ná Sri Lanka se laaste wedstryd Saterdag in die T20-wêreldbeker, wat hulle met vier paaltjies teen Engeland verloor het. ‘n Polisiespeurder van Nieu-Suid-Wallis, Jayne Doherty, sê Gunathilaka en ‘n 29-jarige vrou het verlede maand op ‘n afspraaktoepassing ontmoet: