SPYL sê Menzies se gedrag is afskuwelik

Die Swapo-party se jeugliga het sy stem bygevoeg tot die voortdurende pogings deur Menzies Aviation om vrag- en grondhantering by die internasionale lughawe te behou. Die maatskappy het weer vanoggend in die hoërhof in sy poging om toegang tot die lughawe perseel te bekom, misluk. Ephraim Nekongo, die jeugliga se sekretaris sê Menzies se gedrag is afstootlik en dit moet end kry.