Sputnik V: Namibië is lui met navorsing

Reaksie word ontvang op afkeuring van Sputnik V deur die Suid-Afrikaanse reguleringsowerheid vir gesondheidsprodukte. Die owerheid sê hy het kommer oor die veiligheid van Adenovirus Tipe 5-vektor-entstowwe in bevolkings wat die gevaar loop om MIV op te doen. Die owerheid sê dit kan veroorsaak dat ingeënte mans makliker MIV opdoen. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige gesondheidsminister dr. Bernard Haufiku gepraat oor sy mening. Hy sê Namibiese owerhede het ‘n neiging om of studies laat uit te voer, of om staat te maak op ander studies se bevindings….