Pablo se seekoeie moet ophou paar

Die aanhoudende aanteling van seekoeie wat eens aan die berugte Colombiaanse dwelmsmokkelaar, Pablo Escobar, behoort het, gaan met voorbehoedmiddels gestuit word. Die versameling in sy privaat dieretuin het in die vroeë 80’s met een bul en drie koeie begin, maar daar is tans meer as 80 in die Magdalena-rivierkom oos van Medellin. Hierdie sogenaamde kokaïen-seekoeie bedreig mense se veiligheid en bioloë is bekommerd oor hulle impak op die omgewing.