Motorbedryf se vatbaarheid word ondersoek

Die Friedrich Ebert-stigting in Namibië stel môre ‘n verslag bekend oor beleggings in die motor-sektor in Afrika suid van die Sahara. Die verslag ondersoek moontlikhede vir die bedryf, veral in die streek. Volgens die arbeidskenner Herbert Jauch sê die motorbedryf is een van die min sektore wat op die oomblik ‘n blink toekoms het en waar goeie werksgeleenthede geskep kan word.