Sprinkane saai verwoesting in die Suide

Boere in die Suide het groot kommer oor sprinkaanplae wat hulle volgens berigte sukkel om onder beheer te kry. Karasburg, Aroab en Koës loop op die oomblik deur en boere skarrel om waardevolle weiding te beredder. Volgens die raadslid vir die Karasburg Oos kiesafdeling Anseline Beukes is een van die grootste uitdagings die uitgestrekte gebied wat gedek moet word en die Ministerie van Landbou sukkel om boere betyds te bereik. Spanne het baie kreatief gereageer en die padreserwes besproei wat sprinkane op die teerpad dwing en daar word hulle doodgery. Die ministerie het vroeër bevestig dat 705 000 hektaar reeds verwoes is waarvan die meerderheid in die Suide is.