IATA sê oor Afrika

Die Internasionale Lugvervoer-vereniging, bekend as IATA het die jongste syfers bekend gemaak. Volgens die vereniging het die getalle passasiers in Maart vanjaar gedaal teenoor 2019 se syfers, maar het beter vertoon as die syfers wat in Februarie vanjaar aangeteken is. IATA is hoopvol dat syfers sal verbeter maar, Afrika toon op hierdie stadium geen verbetering nie. IATA se Direkteur-Generaal Willie Walsh het oor die huidige situasie rakende rederye op die vasteland gepraat.

Walsh sê vragvervoer is ‘n reddingsboei vir die vasteland.