Modi moet inperking instel

Indië se Eerste Minister, Narendra Modi, sê state moet strenger beperkings net as ‘n laaste uitweg oorweeg. Dit is ondanks oproepe dat hy ‘n nasionale inperking in werking moet stel weens die dramatiese styging in Covid-19 gevalle, wat nou die 20 miljoen-kerf verbygesteek het. ‘n Senior lid van die Indiese Nasionale Kongres, Rahul Gandhi, sê ‘n inperking is nou die enigste uitweg omdat die regering geen strategie het nie. Internasionale media berig dat baie state, insluitend die hoofstad Delhi en Mumbai, beperkings ingestel het wat wissel van volledige inperkings tot aandklokreëls.