Sprinkane op padoppervlak veroorsaak ongelukke in Suide

Die sprinkane wat boere in die Suide teister, blyk om ongelukke te veroorsaak. Met swerms wat op die paaie voorkom, raak paaie uiters glibberig omdat die sprinkane ‘n tipe slym op die padoppervlak veroorsaak soos voertuie oor hul ry. Daar was eers uitdagings tussen Keetmanshoop en Grünau maar nou kom hulle tussen Keetmanshoop en Mariental voor. Twee ongelukke is Sondag aangemeld… Sean Naude van die Namibia Marshall Rangers is aan die woord…