Sprinkane: Erge koue kan verligting bring

Na die winter kan sal sprinkane na verwagting terugkeer, maar dr. Gerhard Verdoorn, ‘n kenner in hierdie verband, sê die sprinkane sal nie soveel wees soos voorheen nie, omdat die eiers tans deur die koue weerstoestande vernietig word. Die uitbreking van sprinkaanplae verlede jaar in die suide van Namibië, was ‘n uitdaging vir boere en padgebruikers, want hierdie sprinkane het die paaie glad gemaak en verskeie motorongelukke tot gevolg gehad. Dr. Verdoorn verduidelik Kosmos 94.1 Nuus die impak van die koue op die eiers.