Mosiehof: Huis op reël 108 vir N$32 000 se skuld

Die mosiehof in die hoofstad het vanoggend 76 aansoeke hanteer waarvan 58 deur kommersiële banke gebring is. Daar was ook 18 reël 108 aansoeke op die rol. Een onbetaalde voertuig is opgeëis terwyl 19 lenings, ter waarde van 2,99 miljoen Namibiese dollar nou betaalbaar is. Daar is ook 38 eiendomme met skuld van 49,8 miljoen dollar wat die banke wil terughê. In een van die gevalle, is daar beslag gelê op ‘n huis op Keetmanshoop met skuld van 32 000 Namibiese dollar. Daardie saak was op die reël 108 aansoeke. Die sessies is deur regter Orben Sibeya en waarnemende regter Anne Doris Hans-Kaumbi hanteer. In Maandag se sessie is daar 38 onverdedigde egskeidings voor regter Eileen Rakow.