Springbokke vetrek eers vandag na Australië

Die Springbokke was genoodsaak om hul vertrek na Australië vir die Castle Lager Rugbykampioenskap tot Vrydagmiddag uit te stel ná die onvoorsiene kansellasie van hul vlug na Sydney Donderdagaand. Die groep van 34 spelers het vroeg Donderdagmiddag in Johannesburg bymekaargekom en sou later die aand via Sydney na Adelaide vlieg, maar hul planne is ontwrig weens komplikasies wat met die vlugbemanning verband hou. Die span sal nou vandag om 12-uur na Sydney reis voordat hulle na Adelaide vlieg waar hulle hul eerste van twee toetse teen die Wallabies op Saterdag, 27 Augustus sal speel.