Privatisering van Eskom nie die antwoord nie

Suid-Afrika se adjunkpresident David Mabuza sê hy is nie oortuig dat die privatisering van Eskom die antwoord is nie. President Cyril Ramaphosa het verlede maand die stigting van die Nasionale Energiekrisis-komitee aangekondig wat ‘n verandering insluit aan regulasies wat munisipaliteite in staat sal stel om onafhanklik krag aan te koop. Mabuza sê munisipaliteite se totale skuld aan Eskom is steeds besig om skerp toe te neem: