Springbokke takel die Wallabies om 11:30 in Sydney

Rugby: Die Rugbykampioenskap het die halfpadmerk bereik, met ses toetse wat oorbly. Die Wallabies is vanoggend gasheer vir die Springbokke in Sydney vanaf half-twaalf, wat volg op die wedstryd tussen die All Blacks en die Pumas in Hamilton, wat pas afgeskop het. Argentinië is tans bo-aan die punteleer, gevolg deur Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika.