BBC skenk miljoene aan liefdadigheidsorganisasies weens Diana-onderhoud

Die BBC het onderneem om ‘n bedrag van 28 miljoen Namibiese dollar aan liefdadigheidsorganisasies met ʼn verbintenis met wyle prinses Diana te skenk. Die Britse openbare uitsaaier het ook ‘n verskoning aangebied oor die manier waarop die voormalige aanbieder, Martin Bashir, Diana in 1995 oorgehaal het om aan ʼn opspraakwekkende onderhoud deel te neem. Sy het op veelbesproke wyse onthul haar huwelik met prins Charles is ʼn bietjie oorvol, met verwysing na sy affair met sy huidige vrou, Camilla. Die geld is verkry uit verkope wat die uitsaaier uit die onderhoud gemaak het en sal gelykop tussen sewe liefdadigheidsorganisasies verdeel word.